Valk ontduik Indiese kospotte op pad na KZN


’n Oostelike rooipootvalk-valkwyfie (Falco Amurensis) wat toegerus was met ’n satelliet-sender en verlede week in Kwazulu-Natal aangeland na ’n reis vanaf hul broeiplek in Noord-Sjina en Mongolië, het roofvoël-entoesiaste opgewonde.
Die roofvoëls broei gedurende middel-Oktober in Asië en oorwinter daarna in Suidelike-Afrika.
Talle rooipootvalke is in Januarie 2010 deur plaaslike- en Duitse voël-entoesiaste met ’n satelliet-senders toegerus.Amur Falcon_AdF_Shivhulani, Kruger National Park_12.1.2012.1
Amur-valke weg sowat 100-180g en het ’n vlerkspan van 58-70cm.
Op 10 Januarie vanjaar, drie jaar later, het die wyfie op Newcastle aangekom.
Haar bewegings is sedert 2010 gereeld gemonitor.
Daar is bepaal dat sy altesaam 90 000km kon afgelê het. Dit sluit ’n ononderbroke vlug van sowat 3 000km oor die Indiese-oseaan in – die langste deur enige roofvoël.
Ook dat sy op plekke in Asië was waar die spesie op groot skaal deur die bevolking vir proteïen gejag word.
Sy kon egter ontkom en het in November die noordooskus van Afrika bereAmur Falconik en daarvandaan na die Kruger Nasionale Park en die Hoëveld gevlieg.
Volgens Andre Botha, programbestuurder vir die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) is die onlangse berigte, dat hierdie spesie in veral Nagaland in Noordoos-Indië gevang en geslag word, rede vir kommer dat hulle voortbestaan bedreig kan word.
Sowat 145 000 van die spesie word per jaar gevang.
Die Indiese owerhede probeer nou die slagting aanspreek deur inwoners oor te haal om alternatiewe bronne van proteïen te vind.
Volgens prof. Bernd Meyburg, ’n Duitse roofvoël-kenner, het die satelliet-sender op die wyfie se rug nie ’n lang lewe nie.
.Die EWT se roofvoëlprogram tesame met vrywilligers hou op 25 Januarie ’n landwye telling van die valk-spesie, asook twee ander valk-spesies, die Die sender op die Oostelike rooipootvalk-wyfie wat sedert Januarie 2010 en Januarie 2013 sowat 90 000km tussen Noordoos-Indie en Kwazulu-Natal afgelê het.| Foto: BUMEYBURG/AFTP (Falco vespertinus) en die klein rooivalk (Falco naumannii).
Die uitslag sal die globale bevolking van ten minste twee spesies aandui en of die Indiese slagting ’n impak op die oostelike rooivalk-getalle gehad het.
Kontak Rina Pretorius (projek-koördineerder) vir meer inligting: 083 327 0789 / amurfalconringer@gmail.com

Lewer kommentaar