Monthly Archives: Januarie 2013

Die lewenskool is hard en maak moeg

Ek hardloop skuins voor Kersdag vir die soveelste keer gestuur winkel toe by die kies-en-betaalwinkel in Gordonsbaai. Hier vorder ek moeisaam tot by die betaalpunt, waar die kassiere, een van my oudleerlinge, ‘n onplesierige gesig trek op die gesig sit.

Nee jitte, Serah, wat se gesig is dit?” vra ek. Meneer help my, my kop is seer. Sy rus haar kop op haar twee hande. Het meneer nie ‘n kopseerpil vir my nie,. Asseblief. Die winkel maak eers negeuur vanaand toe en ek werk al van agtuur vanoggend.

Sy kla onbeskaamd. Ek kry vir haar ‘n Grandpa-pynpoeier en ‘n botteltjie mineraalwater. “Kan ek vir jou ‘n glimlag ook koop?” vra ek.

Sy kyk my skeef aan. “ Nee, Meneer, die pynpoeier sal dit terugbring.

Onderwysers het mos net die hoogste ideale vir hul leerlinge. Hulle help leerlinge skets aan hul toekomsvisie, herinner die hanskinders gedurig aan hul doelwitte en slaag meestal daarin om kinders koersvas te hou.

Baie onnie kan seker, met smaak en trots, vertel van leerlinge wat groot suksesse in die lewe bereik het.

Daar is egter ‘n gros kinders waaroor, meen ek, baie onderwysers dalk wonder: Wat het van die siele geword, waar is daai stoute Pieter, skoolbanker-Bessie en willekind-Patricia?

Met die aanbreek van die skoolvakansie, moes, behalwe die polisie, verkeersmense en die mediese- en nooddienste, die kassiere, in die winkelsentrums tot die padkafees, die vloedgolf vakansiegangers trotseer.

Honderde leerlinge het vakansiewerke by dié winkels  gedoen. Ander het, na die ontvangs van hul skoolrapporte, sommer besluit om vir altyd hier te werk.

‘n Klein groep leerlinge bereik hul ideale in die lewe. ‘n Groot groep oudleerlinge kom egter nie so ver nie (nog nie). Miskien net tot by die naaste kasregister, gebouperseel, werk- of toonbank. Hierondom begin hul lewenskoling, word hulle ryp, behaal hul ma- en pa-graad, bou hulle hul toekoms. Hier sal hulle dalk nog grandma en grandpa word. Met ‘n smile.

Soggens sien sien jy oudleerlinge langs die pad stap. Die taxi neem hulle werk toe – fabriek, gebou, ouetehuis, motorherstelwerke, kies-en-betaalwinkel toe.

Soms loop jy oudleerlinge by een of ander onderneming raak, of jy nou jou motorbande omruil of die water- en ligterekeninge gaan betaal. Jy kry weliswaar nie spesiale afslag nie, maar die groet en glimlag is priceless. Ek dink dis van die aangename dividende wat onderwysers kry. Lewenslank.

Dan hoor ek van my pastoor-onderwyservriend dat ‘n oudleerling van hom, wat al sy tweede universiteitsgraad doen, die volgende kwytraak: “My grootste inspirasie vir my studies het ek gekry van ‘n Rusthofleerling, wat onder moeilike omstandighede skoolgegaan het, verder gaan studeer het”

Die Rusthofkind doen nou toegepaste wiskunde op Stellenbosch en doen glo baie goed.

Ek ry werk toe en dink aan daardie kleiner groepie oudleerlinge wat, eers hul studies op ys moet sit, om eers kos op die tafel te help sit of eers te gaan werk om vir hul universiteits- of kolleggegelde te spaar.

Hulle sabbatical jaar is nie ‘n rugsak- of ouergeborgde toer deur Europa nie, maar ‘n paar maande of meer in die harde lewenskool.

Ek sit een middag in die plaaslike Spur. Die plek is tjok en blok. Die gaste by die tafel langs ons, ‘n man, vrou en twee kinders, is klaar met hul ete en besig om hul hande en monde met die klam suurlemoenservette af te vee. Laat hoor die vrou aan haar man: Niee, gie vi hom net R7.00. Hyt mossie ko vra of os oraait ge-iettittie.

Toe gebeur ‘n snaakse ding en dis die eerste keer dat ek hieroor praat: My tafelmaat, ‘n onderwyser, het stil opgestaan en saggies met die vrou gaan gesels.

Toe die kelner die rekening bring het die vrou aan haar man gestamp en dié het ‘n bruin noot by hul betaling gegee. Die kelner is met ‘n breë glimlag daar weg.

Dit het dalk gehelp dat my vriend die gesin geken het, maar die kelner was ook een van daai kleiner groepie oudleerlinge.

Julian Jansen 2008

Valk ontduik Indiese kospotte op pad na KZN


’n Oostelike rooipootvalk-valkwyfie (Falco Amurensis) wat toegerus was met ’n satelliet-sender en verlede week in Kwazulu-Natal aangeland na ’n reis vanaf hul broeiplek in Noord-Sjina en Mongolië, het roofvoël-entoesiaste opgewonde.
Die roofvoëls broei gedurende middel-Oktober in Asië en oorwinter daarna in Suidelike-Afrika.
Talle rooipootvalke is in Januarie 2010 deur plaaslike- en Duitse voël-entoesiaste met ’n satelliet-senders toegerus.Amur Falcon_AdF_Shivhulani, Kruger National Park_12.1.2012.1
Amur-valke weg sowat 100-180g en het ’n vlerkspan van 58-70cm.
Op 10 Januarie vanjaar, drie jaar later, het die wyfie op Newcastle aangekom.
Haar bewegings is sedert 2010 gereeld gemonitor.
Daar is bepaal dat sy altesaam 90 000km kon afgelê het. Dit sluit ’n ononderbroke vlug van sowat 3 000km oor die Indiese-oseaan in – die langste deur enige roofvoël.
Ook dat sy op plekke in Asië was waar die spesie op groot skaal deur die bevolking vir proteïen gejag word.
Sy kon egter ontkom en het in November die noordooskus van Afrika bereAmur Falconik en daarvandaan na die Kruger Nasionale Park en die Hoëveld gevlieg.
Volgens Andre Botha, programbestuurder vir die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) is die onlangse berigte, dat hierdie spesie in veral Nagaland in Noordoos-Indië gevang en geslag word, rede vir kommer dat hulle voortbestaan bedreig kan word.
Sowat 145 000 van die spesie word per jaar gevang.
Die Indiese owerhede probeer nou die slagting aanspreek deur inwoners oor te haal om alternatiewe bronne van proteïen te vind.
Volgens prof. Bernd Meyburg, ’n Duitse roofvoël-kenner, het die satelliet-sender op die wyfie se rug nie ’n lang lewe nie.
.Die EWT se roofvoëlprogram tesame met vrywilligers hou op 25 Januarie ’n landwye telling van die valk-spesie, asook twee ander valk-spesies, die Die sender op die Oostelike rooipootvalk-wyfie wat sedert Januarie 2010 en Januarie 2013 sowat 90 000km tussen Noordoos-Indie en Kwazulu-Natal afgelê het.| Foto: BUMEYBURG/AFTP (Falco vespertinus) en die klein rooivalk (Falco naumannii).
Die uitslag sal die globale bevolking van ten minste twee spesies aandui en of die Indiese slagting ’n impak op die oostelike rooivalk-getalle gehad het.
Kontak Rina Pretorius (projek-koördineerder) vir meer inligting: 083 327 0789 / amurfalconringer@gmail.com